
=====================================================================
Op die stoep gaan hulle skater van plesier (AV 5:2)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Op die stoep gaan hulle skater van plesier

STOEPSTORIES is vir die eerste keer in 1995 deur die Stigting vir Afrikaans by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees aangebied. Die doelwit 
was: eg Afrikaanse stories, onpretensieus en met humor vertel deur die totale Afrikaanspratende gemeenskap.

Die begin was beskeie, maar reeds met daardie eerste poging onder leiding van Karel Prinsloo en Johan Combrink was die baasvertellers   Jan 
Spies en     Abraham de Vries op die stoep aan 't vertelle. Ook   Nico Nel,   Ollie Viljoen en   van die kontrei, Andr Boezak en   Poem 
Mooney was toe daar.

Stoepstories was 'n onmiddellike sukses. Daar is besluit om op groter skaal met die aanbieding voort te gaan.

Van 1996 is Ollie Viljoen   die leier van Stoepstories, met Tolla van der Merwe   as sy regterhand. Onder die ander vertellers wat al deel 
van die stoeptoneel was, is Marietjie Habig,   Danny Pretorius,   Pieter van der Westhuizen,   Arno van Zyl,   Pyp de Villiers en   Basil 
Kivedo.

By vanjaar se aanbieding op die stoep is baie nuwe gesigte. Uit Johannesburg kom 'n jong man, Billy Prince, wat   'n meesterverteller in 
tongklaplekker Afrikaans is. Ook jonges is Steyn Smit en   Japie Mostert uit   Namibi. Die Klein Karoo lewer weer 'n sterk bydrae met 
vertellers soos die kostelike Manissa Avontuur. En 'n verrassing gaan dit sekerlik vir baie wees om die bekende sakemanne Christo Wiese en   
Frans Stroebel op die stoep te sien!   Hester Morkel,   hoof administratiewe beampte van die Stigting vir Afrikaans en sameroeper van 
Stoepstories.

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av527.html> Enige kommentaar? (Kommentaar word publiek op die Web aangebied.) Skryf gerus aan die 
redaksie.  Kopiereg (c) Stigting vir Afrikaans 1999    Blaai terug | Blaai om
Terug na bo   /// Afrikaans Vandag -- April 1998 /// Afrikaanssprekendes, word onmisbaar! (AV 5:2) /// Ywer uit onverwagte oord (AV 5:2) 
/// Produktiewe aksies moet daaruit voortkom (AV 5:2) /// Leeskring-inspirasie (AV 5:2) /// Een bre Afrikaanse front (AV 5:2) /// Die 
antwoord op: Hoe leer ek Afrikaans? (AV 5:2) /// Op die stoep gaan hulle skater van plesier (AV 5:2) /// Afrikaans: 'n nuttige stuk 
gereedskap (AV 5:2) /// Afrikaans vir die Afrikane? (AV 5:2) /// Afrikaanse bewegings moet besin oor oogmerke (AV 5:2) /// 'n Woordlint van 
land tot land (AV 5:2) /// Afrikaans gryp uitdagings (AV 5:2) /// Hoe stewig is die handevat? (AV 5:2) /// 'n Gelukkige huis lok vele 
vriende (AV 5:2) /// In die ban van Karoo-Afrikaans (AV 5:2) /// Die wel en wee van 'n politieke tolk (AV 5:2) /// 'n Reis van 
selfontdekking (AV 5:2) /// Nederlands wil Kaaps raakvat (AV 5:2) /// Taalvriendskap is nou moontlik (AV 5:2) /// 'n Briljante seun, Meyer 
(AV 5:2) /// Sonde met die Cravense bure (AV 5:2) /// PALJAS, paljas is die as nou af? (AV 5:2) /// Die smeerstorie (AV 5:2) ///

